Van Hollywood tot in Suid-Afrika sien jy die tendens toeneem: brunet is die nuwe blond. Selfs al die finaliste wat vanjaar aan Mej SA deelgeneem het wat donkerkoppe. Nie 'n enkele blonde deelnemer nie.

Bekendes soos Pasella se Minki van der Westhuizen, Elma Postma (Bea in die kykNET-sepie Binneland) en Hanna Grobler (Kiki in Getroud met rugby op kykNET en M-Net) se blonde lokke is of was al bruin.

Hulle volg op die hakke van Hollywood-skoonhede soos Cameron Diaz, Renée Zellweger, Ashlee Simpson, Katherine Heigl en ons eie Charlize Theron, wat almal al met die botteltjie bruin kleursel geëksperimenteer het.

Maar ons het dan altyd gedink blondines het meer pret! Van waar nou hierdie tendens?

Lees als in jou nuwe SARIE, nóú op die rak! Ons wys vir jou foto's van Elma Postma, Hanna Grobler en selfs ons eie SARIE-redaksie wat hul blonde hare vir 'n brunet-voorkoms verruil.

‘Ek sal nie sommer weer blond word nie’ - Hanna Grobler, aktrise

“My spesiale vriend, Bok [van Blerk, die sanger], hou meer van my met donker hare. My hare was al byna elke moontlike kleur. In my studentejare op Stellenbosch het ek dit vir die eerste keer swart gekleur vir ’n toneelstuk, Hamer van die hekse.

"Ek was ook al platinumblond. My natuurlike haarkleur is bruin. Ek het my hare verlede jaar donkerbruin gekleur omdat ek dertig geword het en ’n natuurliker voorkoms wil hê.

“Daar is bewys dat die menslike oog altyd eerste ligter voorwerpe raaksien, en dis hoekom jy in ’n groep altyd eerste die blondines sal opmerk. Maar dit beteken beslis nie blondines is mooier as brunette nie. In 1953 is die rolprent Gentlemen Prefer Blondes gemaak. Interessant genoeg was die opvolg Gentlemen Marry Brunettes (1955). Navorsing het ook bewys mans trou eerder met ’n brunet omdat sy gesonder lyk.

“Ek sal nie sommer weer blond word nie. Met bruin hare lyk ek gesond, ek voel meer na myself en dis soveel minder moeite.”

* Gewonder hoe jy sal lyk met donker hare? Laai jou foto hierin en speel gratis met die verskillende haarkleure.