Is Katy Perry en Orlando Bloom verloof? Die "Roar"-sangeres het onlangs ’n groot diamant aan haar ringvinger gehad tydens ’n aand uit in New York, berig  Entertainment Tonight.

Katy lyk baie gelukkig met dié rots aan haar vinger. Nie Katy óf Orlando het al kommentaar gelewer oor die ring nie. Katy en die Pirates of the Carribean-akteur is reeds 10 maande ’n paartjie.

Orlando was voorheen met die Victoria's Secret-model Miranda Kerr getroud en het ’n seun, Flynn Christopher Bloom, uit dié huwelik.

Maar die volgende bekende akteurpaartjie is beslis verloof: Die Gotham-akteurspaar Ben Mckenzie en Morena Baccarin. Morena het met haar verloofring by die  Independent Film-toekenningsaand verskyn, berig Daily Mail.

Ben en Morena het reeds ’n agt maande oue dogter, Frances Laiz Setta Schenkkan.

Baie geluk, Ben en Morena!

Lees nou

Is dié bekendes nou uiteindelik ’n paartjie?

Is dít Britney Spears se nuwe kêrel …