Die media is alewig aan die gons oor die supergewilde Kardashian-familie. Hul stormagtige verhoudings, swangerskappe en styl bly konstant in die nuus. Maar te veel van ’n goeie ding is nie altyd goed nie ... dit het so erg geword dat die bekende skinderblogger Perez Hilton homself voorgeneem het om vir vyf dae niks oor die Kardashians te skryf nie, berig The Daily Caller

Perez het sy besluit aan The Hollywood Reporter verduidelik: "Ek het die video gesien van ’n nuusleser in Florida wat geweier het om oor die Kardashians te praat en dit het my bygebly. Ek is ’n Kardashian-aanhanger, maar ek het by ’n punt gekom waar ek siek en sat is vir hulle." Hy het ook na aanleiding van Kim se reaksie op sy besluit gesê hy weet dit het hulle ontstel.

Ná Perez sy "Kardashian Kleanse" bekend gemaak het, volg Kim hom nie meer op Twitter nie. Die swanger swartkop het ook haar aanhangers gevra of sy Perez se karakter van haar slimfoon-speletjie Kim Kardashian: Hollywood moet verwyder.

Bronne: The Hollywood Reporter en The Daily Caller

Lees ook