Of jy van haar hou of nie, Kim Kardashian is een van die bekendste vroue in die wêreld. En haar troue met die kletsrymer Kanye West gaan groot nuus wees. Dié geleentheid is met ’n gesogte Vogue-voorblad gevier.

Kanye kry wat Kanye wil hê

Dit was Kanye se droom om met Kim te trou. Nou trou hulle in Mei én hulle is reeds die trotse ouers van North.

Toe het hy baie hard probeer om Anna Wintour, die redakteur van Vogue, te oortuig dat sy aanstaande op die voorblad van dié gesogte modetydskrif moet verskyn. Anna het glo geweier.

Maar nou is dié paartjie (én nogals in trouklere) op die voorblad van die Amerikaanse Vogue se April-uitgawe. Vogue noem dié paartjie die #worldsmosttalkedaboutcouple (paartjie waaroor almal praat).

Kim K se korter haarstyl - kyk hier!

Die tydskrif is eers teen die einde van die maand op die rakke, maar die voorblad het al wye reaksie uitgelok. Haar aanhangers is mal daaroor, maar baie mense is negatief, berig CNN.

Op sosiale media het mense gespot dat dit Anna Wintour se April-gekkedag grap is en dat Vogue wel met terroriste onderhandel, omdat Kanye nou al so lank probeer om Kim op die voorblad te kry.

Wat dink jy van die voorblad? Verdien die paartjie dit?

article-2586629-1C79667000000578-810_634x886

Grapjasse!

Die snaakse manne Seth Rogen en James Franco het al in die verlede die spot gedryf met Kim en Kanye. Dié keer het hulle dié voorblad nagemaak.

article-2586629-1C7C2A1900000578-331_634x625

Die gewilde The Muppets-karakters het ook hulle weergawe van die voorblad gemaak.

article-2586629-1C7BEAF500000578-804_634x887

Bronne: Daily Mail en CNN.