Hit me baby one more time. Die Amerikaanse sangeres Britney Spears is terug en niemand gaan haar keer nie. 

Met haar fietse lyfie is die prinses van pop onlangs aangewys as gesig van die Franse modehuis Kenzo se nuwe veldtog La Collection Memento No. 2.

Die beroemde fotograaf Peter Lindbergh, wat al groot name soos Jessica Chastain en Cate Blanchett afgeneem het, is vir die foto's verantwoordelik. 

Kyk net hoe pragtig, en onherkenbaar, lyk Britney:

FOTO Instagram / @britneyspears
FOTO Instagram / Kenzo
FOTO Instagram / Kenzo
FOTO Instagram / Kenzo

Dis Britney se eerste veldtog vir 'n groot modehuis. Een van Kenzo se direkteure Humberto Leon het in 'n verklaring verduidelik hoekom Britney gekies was.

"Sy is beslis 'n ikoon. En vir my is Britney die koningin van denim." 

Talle aanhangers het op Twitter gereageer:

Wat dink jy van Britney se nuwe hoofstuk?