Vandaar is hy na Duitsland waar hy as konstruksiewerker sy brood verdien het. Hierna het hy sy kwalifikasie in Psycho-Physiological Detection aan die WNNR in Pretoria verwerf en toe het hy sy eie onderneming begin. In 2003 het hy ingeskryf vir Big Brother Africa en Namibië verteenwoordig. En nou ja, julle ken die res van die verhaal. Daar word gefluister dat die aktrise en TV-persoonlikheid Natalie Becker die nuwe meisie in sy lewe is . . . Marguerite van Wyk het met hom gesels.

Wanneer en waar het jy Natalie ontmoet?
By die J&B Met vanjaar.

Hoe lank ken julle mekaar al?
Sedert die J&B Met! Ek dink dis baie snaaks dat Natalie al as my nuwe meisie bekend staan en ek het haar nog net twee keer in my hele lewe gesien . . . Ek dink iemand het die kat aan die alie beet.

Maar wat maak haar vir jou sexy?
Sy is baie intelligent, volwasse, het 'n goeie sin vir humor, pragtige oë en 'n lyf en haar lang, donker hare.

Wanneer word jou nuwe CD vanjaar uitgereik?
In April, maar daar is nog nie op 'n naam besluit nie.

Met watter projekte hou jy jou alles besig?
Reis, TV en my Bank Windhoek Jeugtoere waar ons die Namibiese jeug motiveer om hard te werk in die skool en hul drome na te volg.

Klik gerus ook by www.stefanludik.co.za