Teen dié tyd weet die wêreld omtrent al alles van die Kardashian- en Jenner-susters se liefdeslewens af. Hulle skroom nie om 'n selfie saam met hul geliefde op sosiale media te deel nie. Behalwe een sus, Kendall Jenner.

Die suksesvolle model en realiteitster het al talle persoonlike goed met aanhangers gedeel, maar haar liefdeslewe het sy nog altyd privaat gehou. Nou lyk dit of daar dalk iemand is waarin sy belangstel.

FOTO Instagram/ Kendall Jenner

En die gelukkige kêrel? Die Australiese basketbalspeler Ben Simmons, wat vir die Philadelphia 76ers in die Amerikaanse deelstaat Pennsylvania speel.

Kendall is die afgelope naweek langs die basketbalbaan gewaar waar sy langs Ben se ma sit om hom te ondersteun.

FOTO Instagram/ Ben Simmons