Hoewel Scarlett nog nie self die nuus aangekondig het nie, het verskeie bronne aan E! Onlinegesê die aktrise en haar joernalis-verloofde Romain Dauriac verwag hul eersteling. Die paartjie het verlede September hul verlowing bevestig.

Só lyk Scarlett sonder grimering

Sy het vroeër vanjaar op die TV-program Good Morning America erken dat sy nog nie besig is met enige troureëlings nie, omdat dié spesiale dag nog ver voel in haar gedagtes. Sy het ook tydens dié onderhoud gesê dat sy graag ’n ma wil wees.

Sangeres Gwen Stefani se baba is hier!

"Ek sal mal wees daaroor om my eie familie te hê ... dit sal goed wees," het sy in Desember vir die Daily Mail gesê. "Hulle sê dis nooit die regte tyd nie en ek is seker dis waar, maar ek dink mens moet dit beplan, soos enige iets anders," het sy bygevoeg. Die aktrise het verder verduidelik dat sy nie sleg sal voel om nou tyd uit haar loopbaan te neem om ma te word nie, aangesien sy al vir 20 jaar lank in Hollywood werk.

Scarlett kan deesdae in die Oscar-bekroonde fliek Her gehoor word. Dié rol is egter baie uniek, aangesien jy haar nooit sien in die hele fliek nie. Lees hier meer oor Her.