Die sangeres Priscilla Smith word deesdae aan niemand anders nie as Pieter Smith se sy gesien. "Ons geniet mekaar se geselskap vreeslik baie," het sy aan sarie.com vertel.

Dié pragtige sangeres het haar voet in die deur gekry met Supersterre 2, en alhoewel sy dit nie gewen het nie, is sy nou een van die suksesvolste sangers in die bedryf. Met 'n Vonk-benoeming vir beste nuweling van die jaar, en 'n nuwe CD op pad, lyk die toekoms sommer baie blink vir haar.

Oor haar en Pieter se vriendskap wil sy nie te veel verklap nie, maar sy sê ook dat mens nooit weet wat daarvan kan kom nie... "Ons het al baie saam opgetree en só 'n hegte vriendskap begin.

"Albei van ons kom uit lang verhoudings, ek is onlangs geskei, so ons vat dit maar soos dit kom," sê sy.

Die vakansie is Pieter op 'n toer aan die kus en Priscilla hou vertonings in en om Pretoria.

Priscilla se album - Net &aposn bietjie liefde Pieter en Priscilla