Sy's verloof, die beeldskone radio- en TV-aanbieder Tracey Lange is verloof! Wel, dit was ons eerste reaksie toe ons die reusagtige rots aan haar ringvinger gesien het.

Tracey het dié foto op Instagram gedeel:

Ongelukkig was dit net ’n grap. Sy het wel ja gesê vir sjampanje! Maar Tracey, daai ring lyk goed op jou vinger, hoor ...

Sy en haar kêrel, Avukile Mabombo, is al vir meer as twee jaar saam. In SARIE se Februarie 2016-uitgawe het Tracey die volgende oor hom gesê:

"Avukile is so rustig, maar kan ook lekker gesels. Naweke maak hy vir die hele week kos, wat ons in ons onderskeie vrieskaste sit. Ons is al twee jaar saam, het al baie sakke sout opgeëet, maar kyk eers die kat goed uit die boom. Geniet die nou, ons het immers baie tyd."

 

#WCW A photo posted by Avukile Mabombo (@avukile) on

Tyd benut hulle beslis en saam toer hulle die wêreld plat. Europa, Afrika en Engeland is van die reise wat hulle op hul blog Travul Diary geplaas het. Lees meer oor hul reise hier.

Lees nou

VIDEO: 60 walvisse speel in die Kaapse waters

Superma Candice se post-babalyfie

Lady Gaga: “Ek mis mense …”

Tweede verloofring vir Miley Cyrus?