"Vandag is die gelukkigste dag van Zander Tyler (Jack Parow) en Jenna se lewens," lees 'n amptelike persverklaring. "Hul gesonde babadogtertjie, Ruby Tyler, is in Kaapstad gebore."

"Hello Ruby Tuesday! Ons is baie gelukkig en baie dankbaar," was Parow se boodskap.

Die paartjie gaan vir die volgende maand al hul tyd saam met baba Ruby deurbring, en geen onderhoude gaan toegestaan word nie. Daar is ook geen foto's beskikbaar nie.

Op Twitter het Jenna gister dié laat weet: "Ruby's been sleeping in my arms since 4 pm. Unbelievably happy and blessed. Thank you for all the support."

Kyk na foto's van Jenna se ooievaarstee