Jack, wat in flieks soos The Shining, One Flew Over The Cuckoo's Nest en Chinatown gespeel het, het stilweg afgetree omdat sy geheue hom deesdae in die steek laat. "Jack het nie regtig 'n ander keuse nie. Hy kan net nie meer die woorde vir sy rolle onthou nie," het 'n bron gesê. Sy agent en prokureur wou glad nie oor hierdie bespiegelinge kommentaar lewer nie. As dit wél waar is, was Jack se laaste Hollywood-rol in 2010 se How Do You Know.

In sy loopbaan oor vyf dekades het Jack 'n dosyn Oscar-benoemings vir Beste Akteur ontvang. Hy het dié toekenning twee keer gewen: vir sy rolle in As Good As It Gets in 1998 en One Flew Over The Cuckoo's Nest in 1976. Jack het ook in 1984 die toekenning vir Beste Byspeler ontvang vir Terms Of Endearment, en drie ander benoemings vir dié toekenning in die 1970's, 80's en 90's.

Foto: Jack het ook in The Bucket List gespeelFoto: Jack as die Joker in die fliek Batman

Bron: The Telegraph