Jack en Lisa is reeds die ouers van die oulike 1-jarige Pearl en nou gaan hulle nog 'n pienkvoet vir ouma Sharon en oupa Ozzy gee.

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

FOTO: Jack en Lisa se eerstling Pearl Bekendes en hul kinders Lisa het haar tweede swangerskap op haar blog, RaddestMom.com, bekendgemaak:

Ek en Jack is baie opgewonde om met julle die nuus te deel dat ons ons tweede baba verwag! Ek is in my tweede trimester, voel goed en probeer nie om alles in sig te eet nie!

Jack en Lisa is verlede jaar in Hawaii getroud. Sedert die geboorte van Pearl is Lisa 'n kranige blogger wat wenke gee oor alles van ma-wees: van borsvoeding tot lekker baba-pap.

Jack met veelvuldige sklerose gediagnoseer

Die 27-jarige Jack wat nou 'n televisie fiksheid- en reisaanbieder is, is met veelvuldige sklerose gediagnoseer. Jack het in 2002 bekendheid verwerf met die werklikheidsreeks The Osbournes wat die lawwe avonture van sy Britse ouers in Los Angeles gevolg het. Ozzy is 'n legendariese rock-ster en Sharon is 'n media-persoonlikheid in haar eie reg.

Sharon Osbourne kry dubbele mastektomie

Nuutste swangerskap-nuus van die bekendes