Die Hollywood-ster Jake Gyllenhaal het in September aan People verklap dat hy graag met 'n gesin wil begin. "Ek wil aanhou om nog meer van 'n grootmens te word, as wat ek reeds is. Hopelik met 'n gesin van my eie," het die enkellopende akteur gesê.

FOTO Instagram / Calvin Klein

Hy het die afgelope naweek in sy eerste parfuum-advertensie verskyn. In Calvin Klein se Eternity is Jake die pa van 'n 4-jarige dogtertjie. Hy en sy 'vrou' lees die  e.e. cummings-gedig "[i carry your heart with me(i carry it in])" vir hul oulike dogtertjie. 

Kyk die roerende advertensie hier:

Dit lyk of Jake 'n oulike pa sal wees.

Kyk ook die agter-die-skerm-video oor die nuwe Eternity-veldtog: