Lydia Winchester, ’n vriendin van die egpaar, het pas bevestig dat Zinta agt weke swanger is. Jan toer op die oomblik in die Kaap.

In die Januarie-uitgawe van SARIE – haar eerste onderhoud met die pers – verklap sy dat sy en Jan (George Kymdell) graag ouers wil word. Dít ondanks 'n baie stormagtige eerste huweliksjaar . . .

Dis nou al jare dat Jan, bekende bluesrock-sanger, omstrede is oor sy alkohol- en dwelmmisbruik, ?en oor voorvalle waar hy dronk op ?die verhoog is, in die openbaar, of in ?’n muur vasry...

Hul verhouding was stormagtig, “maar dit is vir my maklik om George te vergewe. Hy het eenvoudig daardie invloed op my.”

“Maar hy gaan dié keer regkom,” sê sy. “Hierdie keer gaan ons harder as ooit probeer.”

Nou wil sy haar van al die omstredenheid distansieer en op ?haar huwelik en George se helingsproses konsentreer.

Sy vertel vroeër in die onderhoud: “Ons grootste droom is om kinders te hê. Dit is wat hom nou die hardste aanspoor om sy lewe reg te ruk. Hy probeer sy bes. En my hoop vir die toekoms? Dat ons as ’n gelukkige gesin ’n normale lewe kan hê.”

* Lees die volle onderhoud met Zinta in die Januarie 2012-uitgawe, vanaf Maandag 12 Desember 2011 op straat.