Buiten dat hy sy reeds wêreldbekende restaurant JAN in Nice steeds vernuwe en ’n sesmaandelikse glansjoernaal, JAN the JOURNAL, uitgee, pak hy in 2020 twee opwindende nuwe projekte aan.

’n Nuwe restaurant, KLEIN JAN, maak binnekort in die Kalahari oop, ’n sielsreis waarvan hy in die splinternuwe SARIE KOS Somer 2020 vertel. “Iets van die Kalahari se siel het my op ’n diep vlak aangeraak. Dit was ’n ongeverfde doek en al wat ek kon sien, was geleenthede,” sê hy.

In dié uitgawe deel hy ook resepte wat innovasie en nostalgie vervleg – geregte soos sagopoeding met rooibostee-meringue, sampioen-macarons gevul met biltongpatee en waatlemoen gevul met kaneel-en-lemmetjieroomys. Kry die tydskrif met Jan Hendrik op die voorblad landwyd op die winkelrakke* en kook maklik soos ’n Michelin-sjef! 

Vroeg in die nuwe jaar is Jan Hendrik ook terug op VIA met ’n nuwe seisoen van JAN, die TV-program. Loop saam met hom deur die strate van Nice en kom loer in by sy restaurant terwyl hy vertel wat hom inspireer. Die reeks begin op Maandag 3 Februarie om 20:00 op Via DStv-kanaal 147 en word elke Sondag om 20:30 herhaal. Dit sal ook beskikbaar wees op Showmax.

SARIE KOS Somer 2020
SARIE KOS Somer 2020

Klik hier om die digitale uitgawe van SARIE KOS Somer 2020 te koop.