Regardt, die bekende regisseur, vertel dat Lika nie soos beplan ’n watergeboorte gehad het nie. “Na 5 ure in die bad het hulle hospitaal toe gegaan waar Lika normaal geboorte gegee het.

“Lika is baie trots dat sy normaal gekraam het,” vertel hy. Hugo Xavier het 4,1 kg geweeg by geboorte en is blakend gesond. “Lika voel 'n bietjie uitgemergel na die kraamproses, maar verder gaan alles baie goed met Ma en baba.”

Koop die Somer 2011-uitgawe van SARIE GESOND waarin Lika meer vertel van haar swangerskap en haar bekende familie.