Janet Jackson het gister haar eerste kind verwelkom en volgens haar media-agent is beide ma en baba gelukkig en gesond. 

Die 50-jarige sanger se agent sê die geboorte was stres-vry en sy rus nou, berig People.

Janet en haar man, die Katarese sakeman Wissam Al Mana (42), is sedert 2012 getroud. Die paartjie se eersteling is ’n seuntjie, Eissa Al Mana.

Janet het die swangerskap vir lank stil gehou, en hoewel daar reeds gerugte in Mei verlede jaar was, het sy die swangerskap eers in Oktober bevestig.

FOTO Instagram / @people FOTO Instagram / @people

Haar eksman James DeBarge het aan die skinderwebtusite Radar Online gesê dat dít nie haar eerste kind is nie en dat hulle destyds saam ’n kind gehad het. Janet en James was net vir ’n jaar getroud in die 80's. Maar dit lyk of daar min waarheid in James se verhaal lê.

Baie geluk, Janet!

Bronne: People, RefineryRadar Online

Lees nou

Steve Hofmeyr en Janine is swanger!

Swanger bo 40: Is daar risiko’s?

Geri Halliwell swanger op 44