Die sanger Jannie Moolman het die naweek begin om met familielede en sy vriendin, Melissa-Jo Sharpe, te gesels. Dit volg nadat hy sedert sy onlangse beserings deur sy mediese span in ’n geïnduseerde koma gehou is.

Hy is steeds in die trauma-eenheid van die hospitaal, maar daar is tevredenheid met sy algehele vordering. Sy dokters het aangedui dat hy nie noodwendig dadelik sal onthou presies wat met hom gebeur het en hoe hy beseer is nie.

Hy is reeds vir kort rukkies in ’n stoel langs sy bed geplaas en het in ’n goeie gees met geliefdes gesels.

Nóg oor Jannie