Dié fliek word by die première van die Hollywood Black Film Festival gewys, en dit is die eerste keer in die fees se geskiedenis dat ’n buitelandse fliek op die openingsaand vertoon word.

Lyn Hartman, Jason se ma, het aan sarie.com vertel dat hy eers Donderdag, 20 Oktober 2011 gehoor het dat hulle genooi is na dié prestige geleentheid. “Ons moes skarrel om al die visums reg te kry, maar ons het en hy is daar!” vertel sy trots.

Jason speel die rol van Norman Knox teenoor Wandile Molebatsi, van The Wild-faam, wat  die rol van Munto Ndebele vertolk. Munto val van ’n bus af en daarna is dit ’n afwaartse spiraal van dwelms en alkoholmisbruik, tot sy goeie vriend, Norman, ingryp en sy lewe red.

Suid-Afrikaansgebore, Stelio Savante, wat vantevore in Ugly Betty en Law and Order te sien was, is ook in A Million Colours te sien.

Dis ’n romantiese ware verhaal vol gevaar, avontuur, verraad en bevryding.
Jason se nuutste enkelsnit, ''Say My Name'', is Maandag uitgereik, en hy sal oor die naweek na Monaco vlieg waar hy 'n vergadering as bestuurslid van die wildbewarings-organisasie Conservation Guardians sal bywoon. Hulle fokus is spesifiek op Suid-Afrikaanse natuurbewaring.

Jason is voorwaar iemand wat ons harte trots Suid-Afrikaans laat klop!

Hier is die lokprent van Million Colours