Hy het getwiet: @Jay_du_Plessis: So ek wou dit eers stil hou, maar lyk my dis uit! My bday geskenk is ek gaan weer Pa word! #MostAwesomeBdayGiftEver! Ek hoop dis my prinses!

Jay het eksklusief aan SARIE.com vertel Mia het hom verras met die nuus vanoggend, so op sy 36ste verjaarsdag. Sy het die swangerskaptoetsstokkie vir hom as geskenk gegee. "Ek was so verras! Dis die beste verjaarsdaggeskenk ooit! Dis tyd dat daar 'n prinsessie in die huis is."

Die sanger, wie se nuutste album  "Dis hoe ons rol" al verby goue status met verkope is, en sy vrou probeer al 'n geruime tyd "vir 'n dogtertjie", het Mia aan SARIE.com vertel. Sy is al 'n geruime tyd swanger. Die egpaar van Pretoria het twee seuntjies, Aidan (7) en Samuel (4).

"Ek is swanger! Yippee! Ons is so opgewonde!", het Mia gese. "Ons hoop natuurlik albei dis 'n dogtertjie! Maar solank hy of sy gesond is sal ons happy wees."

Baie geluk julle!