Dis nou al 'n paar jaar dat Je-Ani Swiegelaar die rol van die geliefde verpleegster in die kykNET-sepie vertolk. En oor die jare het nie net haar karakter gegroei nie, sy as Je-Ani het ook.

Sy vertel sy het geleer om die beste te maak van wat die lewe ook al oor haar pad gooi, 'n eienskap van elke Stroomop-vrou.

"Dís wat jou 'n sterk vrou maak, daai journey wat jy het. Ek sal almal aanbeveel om op een te gaan. 'n Gesonde lyf het 'n gesonde gees, en andersom."

In die jongste episode van Stroomop se DIY-reeks deel Je-Ani 'n slim reis-wenk. Al wat jy nodig het? Strooitjies.

FOTO Chanel O Photography

Kyk hier:

Die avontuur-fliek Stroomop word op 9 Augustus, Vrouedag, uitgereik. 

Kyk die lokprent hier: