Die verwagting is dat hul troudag in die Amerikaanse lente sal wees. Maar al wat dié paartjie al gesê het, is dat die troue eers gaan gebeur wanneer hul albei se werkskedules rustiger is.

Jennifer en Justin

Die voormalige Friends-aktrise het verlede week haar kortfilm wat sy vervaardig het, Call Me Crazy: A Five Film, bekendgestel. By dié premiere het sy gesê dat sy nóg nie ‘n trourok gekies het nie. Die 44-jarige aktrise is ook besig met 4 projekte wat vanjaar en volgende jaar vrygestel gaan word.

Dit lyk nie asof haar 41-jarige verloofde op die oomblik aan enige projekte werk nie. Sy laaste rol was van ‘n maltrap hippie in Wanderlust (2012) waarin Jennifer ook gespeel het. Dit was op dié stel waar hulle liefde begin blom het. Justin het wel aangekondig dat hy die skrywer en regisseur van die komedie Zoolander 2 gaan wees - dit is nog nie duidelik wanneer hy aan dié film gaan begin werk nie.

Dié paartjie het in Augustus verlede jaar verloof geraak nadat hulle 15 maande uitgegaan het.

Jennifer was tot 2005 met Brad Pitt getroud. Hulle huwelik het 5 jaar gehou. Dit sal Justin se eerste huwelik wees.

Die gerugte:

  • Die troue gaan waarskynlik in Hawaii plaasvind.
  • Haar pa gaan dit waarskynlik bywoon, maar nie haar ma nie. Hulle is vervreemd.
  • Brad Pitt (Jennifer se eks) se ma gaan glo ook die troue bywoon.
  • Sy gaan haar van na Theroux verander. 

Bron: Yahoo.com

Jennifer en Brad

HIERONDER is die lokprent vir Wanderlust:

Bronne: US Magazine, IMDB, Hollywood Life