Die gewilde aktrise Jennifer Aniston vier vandag haar 45ste verjaarsdag. En dit is haar skoonheidsgeheim. 

Jennifer se velsorg

Goeie gene het seker ’n groot aandeel daarin dat Jennifer se vel steeds stralend vertoon, maar sy sê ook dat water, genoeg slaap en ’n gesonde leefstyl ’n baie groot rol speel. In 'n onderhoud met die Huffington Post sê sy:

“Toe ek genoeg geld begin maak het om duur velsorgprodukte te koop, het ek dit probeer. Maar my vel het uitgeslaan. Ek dink party vroue maak hul vel te veel skoon. Sekere produkte en maskers is te aggressief en irriteer sekere velsoorte. Ek glo eerder in eenvoudige en natuurlike velsorg.”

Jennifer se haarkapper Chris McMillan deel 'n foto van haar sonder grimering FOTO: Instagram Jennifer se haarkapper, Chris McMillan, deel 'n foto van Jen sonder grimering. FOTO: Instagram

Jennifer se styl

Daar is twee Jennifers – die een voor The Rachel en die een daarna. “Nadat sy die wêreld se aandag getrek het met haar bekende haarstyl, The Rachelhet haar styl ook verander,” meen die Hollywood-stilis Marco D’Angelo. “Deesdae dra sy minder grimering, byna nooit helder lipstiffie nie en kies eerder simplistiese klere met skoon lyne.”

Jennifer se nuwe haarstyl

FOTO: Instagram Jennifer se haarkapper, Chris McMillan, deel 'n foto van Jen se korter haarstyl. FOTO: Instagram

Chris McMillan is al vir jare Jennifer se haarstilis, en hy is ook verantwoordelik vir haar ikoniese haarstyl, The Rachel. En nou is hy weer die man agter die skêr van Jen se nuwe kort kapsel. Chris het Jen se hare aan die agterkant volgens ’n A-lyn  gesny, maar aan die voorkant het hy dit taamlik lank gehou.

Jennifer se mooiste voorkomste

Kies jou gunsteling-Jennifer-haarstyl

1.2.
3.4.
5.6.