"Justin Theroux het Vrydag 'n ongelooflike verjaardaggeskenk gekry toe Jennifer ja gesê het op sy vraag of sy met hom sal trou," het Theroux se woordvoerder aan People.com gesê.

Jennifer, wat voorheen vyf jaar met die akteur Brad Pitt getroud was, en Justin, 'n akteur-teksskrywer, gaan al vir meer as 'n jaar uit. Hulle het albei 'n rol in die fliek Wanderlust gehad en is in Mei 2011 vir die eerste keer saamgesien.

"Hulle is wonderlike vriende," het 'n bron daardie tyd oor hul saamwees gesê. Daarna, in 'n TV-onderhoud op Good Morning America, kon Aniston nie haar gevoelens wegsteek nie en het sy erken dat sy en Theroux in 'n verhouding is.

"Ja, ek is baie bly. Ek's baie bevoorreg en baie bly!" het sy gesê.