Een van ons gunsteling-aktrises het gister verjaar. En as ons so na haar kyk, kan ons skaars glo dat Jennifer Aniston 46 is!

Ons het haar leer ken as Rachel van die gewilde TV-reeks Friends en sedertdien het haar ster-status van krag tot krag gegaan.

Jennifer lyk ook deesdae anders. “Sy dra nou minder grimering, byna nooit helder lipstiffie nie en kies eerder simplistiese klere met skoon lyne", sê Hollywood-stilis Marco D’Angelo.

En van volgende Vrydag (20 Februarie) af sien ons haar ook in haar nuutste rolprent, Cake. Sy speel die rol van Claire, ’n vrou wat aan chroniese pyn ly. Dié rol is sonder twyfel een wat Jennifer se loopbaan in ’n nuwe rigting stuur. Sy het verskeie benoemings hiervoor gekry, maar ’n Oscar-benoeming bly haar ontwyk.

Kyk na die lokprent hier.

Jennifer se mooiste oomblikke

Ons het in die argiewe gaan soek na Jennifer se mooiste oomblikke.

Die haarstyle: kies jou gunsteling

1.2.
3.4.
5.6.

Lees ook