Sy is bekend vir haarstyle wat baie vroue slaafs navolg, dink maar net aan 'The Rachel' van die 90's. Nou het Jennifer Aniston haar lang hare van die afgelope paar jaar kortgeknip.

Die skinderblog Popsugar het eksklusiewe foto's van Jennifer se korter haarstyl. Haar hare is in ’n bob gesny wat langer voor is as agter. (KLIK HIER OM DIE FOTO'S TE SIEN.)

Jennifer het aan dié blog vertel sy was reg vir ’n verandering. "Dit is kort! My hare kom nou tot by my kakebeen en dit is nóg korter agter. Ek was gereed vir ’n verandering, om my hare uit my gesig te kry sodat ek dit makliker kan hanteer." Sy het vertel dat die afgelope tyd sy net haar lang hare in ’n poniestert vasgemaak het.

WAT DINK JY VAN JENNIFER SE NUWE KORTER HAARSTYL?

PLUS: Het jy al gesien hoe lyk Pamela Anderson met haar pixie-haarstyl? Klik hier!

Jennifer het vroeër vanjaar op die stel van haar nuwe film Squirrels To The Nuts ’n pruik-bob gedra. Ons wonder of sy die idee daar gekry het?

FOTO: Gallo Images / Getty Images Jennifer op die stel van 'Squirrels To The Nuts'. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston lyk pragtig sonder grimering …

Jennifer se haarstyle deur die jare