Jennifer Aniston is een van die mooiste vroue in Hollywood en daarom was almal verras deur haar transformasie in die nuwe fliek Cake. 

Fliekkenners meen reeds dat dié rol vir Jennifer ’n Oscar-beeldjie kan gee. Daar is baie buzz oor Jennifer se spel in haar nuwe film, alhoewel dit nog nie eers op die silwerskerm wys nie. En as ons net na die lokprent kyk, kan ons sien waarom hulle so sê!

Dié rol van ’n vrou wat chroniese pyn het, kan Jennifer se hele loopbaan in ’n ander rigting stuur, want tot dusver is sy bekend vir romantiese rolle, eerder as vir haar dramatiese toneelspel.

Kyk hier na die lokprent van Cake

More ABC US news | ABC World News

Lees ook