Die sangeres Jennifer Lopez en haar voormalige kêrel, Casper Smart, is weer ’n item, berig Entertainment Online.

Dié skinderblad het van verskeie bronne verneem dat die twee weer ’n paartjie is.

Die 45-jarige sangeres en die 27-jarige choreograaf was vir byna 3 jaar saam voordat hulle hul verhouding in Junie verlede jaar beëindig het.

Hoewel daar gerugte was dat Casper vir Jennifer verneuk het, is dié twee op goeie voet uitmekaar en het steeds saam gekuier. Maar nou sê bronne dat hul romanse weer opgevlam het. FOTO: Twitter FOTO: Twitter Jennifer het op haar dokumentêr Dance Again gebieg dat haar egskeiding van Marc Anthony verlede jaar ná 10 jaar van getroude lewe vir haar baie erg was. "Dit het gevoel asof ek wil doodgaan." Sy brei verder uit:

Daar is geen pyn of mislukking soos om deur ’n egskeiding te gaan nie. Die hoop, die droom, die sprokie wat kom saam met die eerste keer wat jou droom versplinter ... jy voel asof jy wil doodgaan. Dit voel asof jy misluk het. Jy voel maak nie saak hoe hard jy probeer het nie, jy kan dit nie maak werk nie.

Uit Jennifer en Marc se huwelik is die pragtige tweeling Max en Emme gebore. Die tweeling is nou 6 jaar oud en het reeds ’n paar modelveldtogte agter die rug.

jennifer_lopez_twins_people_cover

Bron: Entertainment Online en Daily Mail