People.com het foto’s van Bradley Cooper (37), van The Hangover-faam, saam met ’n vrou in die kar wat presies soos J.Lo lyk, gepubliseer. Die foto’s is oor die naweek in Los Angeles geneem.

Dit is nie die eerste keer dat die twee saam gesien word ná sy geskei is nie.

Bradley en Jennifer is 'n maand gelede saam in ’n restaurant in New York gewaar. Voorheen is die gerugte afgemaak as bloot werksake, maar nie een van die twee se agente wou op die foto's van die naweek kommentaar lewer nie. Hulle het ook verlede jaar langs mekaar gesit by ontwerper Tommy Hilfiger se Lente 2011-modevertoning tydens die 2010 New York Modeweek. Ons wonder of die vonke toe al begin spat het . . . (foto bo)

Sy en sanger Marc Anthony was vir sewe jaar lank getroud - hy is ook die pa van haar tweeling, Max en Emme. Bradley en aktrise Renee Zellweger het hul verhouding in Maart vanjaar beeïndig.

’n Bron na aan J.Lo het aan people.com erken dat Jennifer Bradley se aandag baie geniet. Hulle het glo baie pret en kan saam lag.