Ja, die Desembervakansie is nou amptelik verby en party van ons probeer nog die ekstra gewig afskud ná daai derde bakkie trifle en blik soetkoekies.

Nou volg ons die nuutste dieet en oefen ons doodmoeg. Maar niks werk nie, of so voel dit.

Gelukkig is daar bekendes soos die 49-jarige Jennifer Lopez wat ons moed kan gee.

J-Lo oefen net so hard en die volgende 10 dae volg sy ’n streng eetplan wat suiker en koolhidrate uitsny.

Sy het die kos wat sy mag eet, in ’n Instagram-storie gedeel en dit lyk heel eenvoudig en maklik! Tuna, soetrissie, komkommer, groenboontjies en suikervrye jellie.

Jennifer Lopez deel 10 dae-eetplan
FOTO Instagram-storie / Jennifer Lopez

As jy nie vir dié eetplan kans sien nie, maar graag gesonder wil eet en in die proses verslank, probeer Slanker met SARIE. Dis ’n 12-week-program deur kenners wat ’n eetplan sowel as oefenplan insluit.

Besoek die webtuiste vir meer inligting.