Klein maar klaar ge'train'. Jennifer Lopez en sanger Marc Anthony se oulike tweeling, Max en Emme, is gekies vir die advertensie-veldtog van Gucci se splinternuwe kinderklerereeks, berig usmagazine.com

Lopez (41) sê dit was die eerste keer dat sy só iets saam met haar kinders aangepak het en Gucci was "sedert haar kinderdae vir haar die toppunt van styl". Sy en Marc was aanvanklik huiwerig om die kinders bloot te stel, maar Gucci se plan om sowat R6 miljoen uit die verkope van dié klerereeks aan UNICEF se Skole vir Afrika-inisiatief te skenk, het hulle oorgehaal om tog betrokke te raak. Hulle wil ook sowat R340 000 aan Lopez se Maribel Initiative-liefdadigheidsprojek skenk.  "Dit was 'n baie spesiale ervaring en nou is daar 2 Gucci baba-verteenwoordigers vir 'n goeie doel" sê Jennifer.

Gucci se kinderklerereeks sal teen Lente 2011 bekendgestel word.

KUIER AGTER DIE SKERMS