In 2011 het die realiteitsprogram Jersey Shore ons TV-skerms getref, en vir jare het die agt vriende se oppe en affe ons vermaak. Ná ses seisoene het dit tot ’n einde gekom en die sterre het uitmekaar gespat om met hul lewens aan te gaan.

Maar onlangs is een van die sterre, Mike Sorrention, oftewel “The Situation”, getroud. Die pragtige bruid, Lauren Pesce, was sy universiteitsliefde en die geleentheid was sommer ook ’n blye Jersey Shore-reünie!

Almal was daar, behalwe Sammi Giancola. “Sweetheart” bly glo deesdae weg van die kameras.

Dit was ’n sprokiestroue. Die dekor en blomme was spierwit, met net die tafels wat swart gedek is. Al die gaste het ook swart gedra.

Kyk die pragfoto’s

FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation
FOTO Instagram/ Mike The Situation