Onlangse navorsing deur MXit, daardie sosiale selfoonnetwerk en boodskapdiens, het getoon tieners reken Madiba is die coolste chat buddy wat 'n mens kan hê. Sowat 25% van die 5 000 (uit sowat 13 miljoen) internasionale gebruikers wat deelgeneem het, het vir Madiba gestem. Barack Obama het tweede gekom met 17%. Op die vermaaklikheidsfront sal hulle die graagste vir Lady Gaga (23%) as chat buddy wil hê. Miley Cirus (Hannah Montana) het 17% van die stemme gekry.
Kry MXit op jou selfoon - tik die volgende adres in jou wap-browser in www.mxit.com/wap/