Laas week is die Afrikaanse sanger Jo Black deur SARIE-lesers as Suid-Afrika se Mooiste Man van 2018 aangewys.

Toe SARIE.com hom bel met die nuus, kon hy nie glo dat lesers hom sou kies nie. “Hierdie is nie normaal nie, ek meen my pa het my altyd sy lelike baardbek-seun genoem. En nou dink mense ek is mooi! Lyk my ek het hom verkeerd bewys,” het hy vol ongeloof gesê.

Ander bekendes wat die top-20 gehaal het, onder wie sanger Dirk van der Weshuizen en akteur Tim Theron, het hom gelukgewens met sy titel.

Maar die goeie nuus stop nie daar vir Jo nie. Ná die sukses van sy veelbekroonde dubbelplatinum-debuutalbum, Skepe, is hy terug met ’n splinternuwe album.

Jo het op sy Facebook-blad aangekondig sy tweede album gaan vroeg volgende jaar gereed wees.

Kyk hier Jo Black deel groot nuus

Die nuwe enkelsnit “Voel jy die genade” gaan eksklusief by vanjaar se In Afrikaans-konsertreeks op Hartenbos opgevoer word.

FOTO Verskaf