Die gewilde Afrikaanse sanger Jo Black sou aanvanklik einde September 'n operasie ondergaan om die skade van 'n nekbesering te herstel. Nou gebeur dit die Sondag, 9 September, want die spesialiste vrees enige stamp kan permanente verlaming veroorsaak. Hierdie ingewikkelde operasie kan moontlik sy stembande kos.

Só skryf Flagship Productions op Facebook.

Dié produksiehuis het aanhangers ingelig dat Jo se konserte kanselleer moet word.

Jo het self op sy Facebook die hartseer nuus gedeel: "Op aandring van my dokter, kan ek nie langer die operasie uitstel en moet so gou as moontlik geopereer word. My toestand het in die laaste 2 weke so verswak dat dit amper onmoontlik word om op die verhoog te staan. Ek vra weereens om verskoning aan elkeen wat na een van my shows toe wou kom, as ek dit anders kon hê, sou ek."

Die inskrywing op Facebook:

FOTO Facebook