Walk the Line akteur Joaquin Phoenix het Maandag (8 Desember) vir David Letterman op The Late Show vertel hoe hy sy verloofde, ook sy joga-instrukteur, ontmoet het en nou aan haar verloof is.

Niemand weet egter wie sy is nie...

Dit was in 'n ongemaklike joga-posisie wat dié twee mekaar ontmoet het, en daarna 'n romanse aangeknoop het.

FOTO: Youtube Late Show with David Letterman FOTO: Youtube Late Show with David Letterman

FOTO: Youtube Late Show with David Letterman FOTO: Youtube Late Show with David Letterman

"Hierdie is die mal deel van dié storie. Ons het toe begin uitgaan," sê hy terwyl hy lag.

"Ek dink sy is die een. Ek het haar gevra om te trou en sy het ja gesê!"

Toe dié emotiewe akteur in 2009 op David se kletsprogram was, het hy aangekondig dat hy die dramawêreld sou verruil vir om hiphop-musiek te maak.

FOTO: Youtube Late Show with David Letterman FOTO: Youtube Late Show with David Letterman

Dit was toe al die tyd deel van rolspel vir Joaquin vir sy film, I'm Still Here. I'm Still Here is ’n fiksie parodie-film van Joaquin se lewe as ’n akteur wat wil hiphop-musiek maak. David het eers in 2010, met die filmse vrystelling uitgevind.

Siende dat niemand weet wie die joga-instrukteur is nie, wonder ons dit nie dalk ’n opvolg van I'm Still Here is nie?

FOTO: Youtube Clevver Movies Joaquin soos gelyk het in I'm Right Here FOTO: Youtube Clevver Movies

Kyk die video hier