Die aktrise, wat vanjaar 51 jaar oud word, het pragtig gelyk by die première van haar nuwe rolprent, Elysium. Die Panic Room-ster se jeugdige figuur is beklemtoon deur 'n nousluitende blougroen knielengte-rok. Haar stralende vel het getuig van 'n gesonde leefstyl.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp, wat ook die regisseur van District 9 was, behartig die regie van Elysium. Dié rolprent speel af in 2154 en die aarde lyk baie anders as vandag. Matt Damon en die Suid-Afrikaanse akteur Sharlto Copley speel ook in die fliek.

Matt wou nog altyd saam met Neill Blomkamp gewerk het. Lees hier wat sê dié Hollywood-akteur oor Neill

Jodie se jeugdige vel

Almal is dit eens: 'n sonskerm élke dag is 'n moet, maar min mense weet waarna om te kyk as hulle produkte koop. Onthou: sowat 80% van jou vel se veroudering vind plaas as gevolg van die son!

*Sorg dat jou dagroom minstens 'n SBF van 15 bevat

*Beveg sonskade en veroudering tegelykertyd met 'n produk wat albei probleme teiken

*Daar ís produkte vir 'n sensitiewe vel!

*As jy reeds gebrand het, sal 'n nasorg-sonproduk (after sun) jou vel kalmeer en help om blywende skade te keer

Kry jou blou rok in die SARIE-winkel:

Alessandra Dress (links) en Skater Dress (regs)