Die akteur Johnny Depp gaan teenoor sy tienerdogter, Lily-Rose, speel in die nuwe fliek Yoga Hosers.

Dit gaan die eerste keer wees dat die 15-jarige Lily-Rose saam met haar pa werk. Die akteur en skrywer Kevin Smith (Jay and Silent Bob) en sy dogter, Harley Quinn Smith, gaan ook in dié fliek speel. Nóg ’n kinderster, Haley Joel Osment (The Sixth Sense), speel ook in dié fliek.

FOTO: Twitter  @LilyRoseMelDepp  FOTO: Twitter @LilyRoseMelDepp

Dié fliek, wat gaan oor twee tieners wat mal is oor joga en die wêreld moet red, word in Junie 2015 bekend gestel. Dis die opvolg op Tusk, wat vanjaar bekend gestel is. Lily-Rose het ook hierin gespeel.

Bron: E! Online

Lees ook