Johnny die seerower (Pirates of the Caribbean), Johnny die bankrower (Public Enemies), Johnny die Gypsie (Chocolat) en nou Johnny die vlugteling in Shantaram. Ja, Gregory David Roberts se ontroerende roman word nou op film vasgelê.

Shantaram is gebaseer op Gregory David Roberts se lewe. Lindsay (aka Lin, gespeel deur Depp) ontsnap uit 'n tronk in Australië en vind sy pad na Moembai, Indië. Hy word vriende met 'n rare karakter genaamd Prabaker. Dié nooi hom terug na sy tuisdorp, en daar word Lin die naam Shantaram gegee.

Sommer gou word hy deel van die kleurryke lewe in Moembai. En om op te maak vir die sondes van sy verlede beveg hy vure, help hy die slagoffers van die moeson-reëns en begin hy 'n gratis mediese kliniek. 'n Mafia-baas, Khader Khan, neem Lin onder sy vlerk en later help hy selfs om die oproerigheid in Afghanistan te beveg.

Ons kan nie wag nie!

Bestel die boek hier