Die nuutste skindernuus in Hollywood is dat die Pirates of the Caribbean-ster en sy meisie, Amber Heard, verloof geraak het, skryf E! Online.

Die paartjie, wat op die stel van die rolprent The Rum Diary ontmoet het, is normaalweg baie geheimsinning oor hul private lewe. Maar vroeër dié maand het ’n fotograaf gesien hoe Amber haar linkerhand in ’n restaurant probeer toehou. Volgens E! Online het die fotograaf ’n rukkie later wel die groot diamantring aan Amber se ringvinger gesien.

Ashlee Simpson is verloof

Kliek hier om Amber se diamantring te sien!

Hoewel die paartjie se media-verteenwoordigers geen kommentaar lewer nie, het ’n anonieme bron aan E! Online bevestig dat die paartjie wel verloof geraak het, maar nog nie die groot nuus met die media wil deel nie.

Johnny Depp benoem vir ’n Razzie

Johnny was vir 14 jaar in ’n verhouding met Vanessa Paradis voordat hy en Amber begin uitgaan het. Hy was ook in die tagtigerjare getroud met ’n grimeerkunstenaar.

Sangeresse deel babas se geslag

WAT DINK JY? GAAN JOHNNY EN AMBER TROU? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!