Die bekroonde filmmaker Michael Mann en 'n aksiebelaaide trio - Johnny Depp, Christian Bale en Marion Cotillard - tref vandag die grootskerm in die fliek Public Enemies. Dit vertel die storie van John Dillinger (Depp), die charismatiese bankrower wie se kriminele doen en late in die Depressiejare van hom 'n volksheld én Amerika se most wanted gemaak het.

Niemand kon hom en sy bende stop nie. Geen tronk kon hom binnehou nie. Van sy meisie (Marion Cotillard) tot die publiek (wat die banke vir die Depressie geblameer het), was mal oor hom en sy sjarme. (Veral sy waaghalsige ontsnappings uit die tronke.)

Gróót aksietonele - 'n geskop en geskietery tussen J. Edgar Hoover van die FBI en sy top-agent, Melvin Purvis (Bale) - Dillinger word as Amerika se Public Enemy Number One aangewys. Die res moet jy maar self kyk ...