Johnny Depp se meisie, Amber Heard, het 'n gróót geskenk gekry!

Dié paartjie het  in 2011 op die stel van The Rum Diary ontmoet. En om dié 27-jarige aktrise se liefde te wen het hy ‘n replika van die kroeg wat in dié film is, op sy landgoed in die Bahamas gebou. Dieselfde ontwerper wat die filmstel se kroeg ontwerp het, het die planne vir dié kroeg geteken.

Maar dit is nie waar dit eindig nie. Hy het ook die strand van sy privaateiland in die Bahamas na haar vernoem.

Amber Heard

Maanskyn en rose is dit nie... Volgens gerugte wil Amber vir die wêreld vertel sy en die 49-jarige Johnny is ‘n paartjie, maar hy steek ‘n stokkie voor dié plan. Johnny is bekend daarvoor om sy privaatheid te beskerm.

Johnny was vóór Amber vir 14 jaar saam met Vanessa Paradis en die paartjie het 2 kinders.

Wat dink jy? Is dié geskenke romanties of dalk 'n bietjie te veel?