Twee digters wie se enorme bydraes tot Afrikaans die landskap van die digkuns vir ewig sou verander, verjaar vandeesmaand.

Breyten Breytenbach het op 16 September 70 geword. By die Bôrdienghuis-teater op Wellington was daar die afgelope naweek feesvieringe en 'n besondere stuk oor hom op die planke: Verse in my vingers, saamgestel deur Juanita Swanepoel - met Waldemar Schultz, Johann Nel, Eugenie Wiggins en Laurinda Hofmeyr. Kyk uit vir die vertoning elders - dit is 'n moet-sien.

Besoek gerus die Breytenbach-sentrum en Bôrdienghuis-teater op Wellington. Klik vir program

En Ingrid Jonker, wie se selfmoord in 1965 (op die jong ouderdom van 33) die sirkel van 'n baie komplekse jong lewe voltooi het, sou vanjaar 76 geword het.

Jack Cope, met wie Jonker 'n verhouding gehad het, skryf oor digters: "Of all the children of man they are the strangest, the most beloved, disturbing and beyond reach. To all times the holy ones. They are not buried with their bodies, but remain to shake and confuse us, to awaken the living, their language universal; and among these Ingrid Jonker ..." (Bron: Litnet)