Die 28-jarige ster van die sitkom 2 Broke Girls, Kat Dennings, is glo sanger Josh Groban se nuwe meisie, berig E! Online. Dié paartjie is saam by ’n liefdadigheidsgeleentheid in Beverly Hills gesien en bronne en  omstanders beweer die twee is beslis ’n paartjie.

Josh het al verskeie hoëprofiel-verhoudings gehad - met onder andere die Mad Men-aktrise January Jones en sangeres Katy Perry. Kat het voorheen uitgegaan met haar medester in 2 Broke Girls, Nick Zano.

Josh het verlede jaar aan die tydskrif  Du Jour gesê: "’n Goeie verhouding is ’n vriendskap met vuur." En as ons so na die foto's van die rooi tapyt kyk, lyk dit of dié twee mekaar baie goed ken.

Wat dink jy? Maak Kat en Josh ’n mooi paartjie? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Bronne: E! Online en Du Jour