sarie.com het pas 'n splinternuwe funksie bygekry - 'n aanlyn-kalender wat jy joune kan maak. Vertel ons wat in jou omgewing aan die gang is - van feeste, vertonings,
praatjies en gemeenskapsprojekte. Dis so maklik soos 1, 2, 3.
1. Vind die kalender regs onder op die tuisblad (onder die daaglikse meningspeiling - My sê tel).
2. Klik op die dag waarop jou geleentheid plaasvind en vul die vorm in. Jy kan ook foto's oplaai, maar onthou, 'n e-posadres is verpligtend.
3. Stuur!

As jy wil sien wat op 'n spesifieke dag in jou omgewing aan die gang is, klik eenvoudig op daardie dag op die kalender en sien watter geleenthede reeds gelys is.

Onthou om ons ook ná die tyd te vertel hoe dit was en nog foto's op te laai.

Geniet!