Die Protea JP Duminy en sy vrou, Sue, gaan oor ’n paar maande ’n dogtertjie ryker word.

Sue, wat glad nie skaam is om haar baba-magie op sosiale media te wys nie, het die nuus dat sy ’n dogtertjie verwag ook op Instagram gedeel.

FOTO: Instagram  sueduminy FOTO: Instagram sueduminy

Die stylvolle Sue is al 27 weke swanger.

Geluk JP en Sue!

Die Proteas is omtrent besig om die krieketveld vir die babakamer te ruil - JP se spanmaats Morné Morkel en kaptein AB de Villiers wag ook vir die ooievaar se koms.

Lees nou