Juanita du Plessis se oudste seun Ruan is saam met Bobby van Jaarsveld op die verhoog van Droomkind - die storie van Josef.

Ruan, wat saam met sy suster, Franja, ’n album wil opneem, is eersdaag op die Staatsteater se verhoog in Pretoria te sien. Hy het ’n klein rol in die musiekblyspel Droomkind losgeslaan waarin Bobby van Jaarsveld die hoofrol vertolk.

Franja by haar ouboet, Ruan FOTO: Instagram (@franjadp) Franja by haar ouboet, Ruan
FOTO: Instagram (@franjadp)

Bobby het vroeër in ’n onderhoud met SARIE.com die volgende oor Droomkind gesê:

"Dis definitief meer oefening as vir Liefling. Dis omdat hierdie storie meer detail en hart het.

"Dit vertel die verhaal van Josef, maar dit speel in die 1950's af. Dis meer relevant en Afrikaners sal makliker daarmee kan assosieer."

Droomkind speel af in die Karoo, waar Jakob saam met sy seuns met skape boer. Ander bekendes in die produksie is Marisa Drummond, Philip Moolman en Edrien Erasmus.

Lees die onderhoud met Bobby HIER.

FOTO'S van die repetisie:

FOTO:  Twitter @Ruan_du_Plessis  FOTO: Twitter @Ruan_du_Plessis

FOTO:  Twitter @Ruan_du_Plessis  FOTO: Twitter @Ruan_du_Plessis

FOTO: Twitter @@claricepieterse  FOTO: Twitter @claricepieterse

FOTO:  Twitter #EdrienErasmus FOTO: Twitter @EdrienErasmus

FOTO:  Twitter #EdrienErasmus FOTO: Twitter #EdrienErasmus

Poster final small[1]

Droomkind word 5 April tot 4 Mei by die Staatsteater in Pretoria opgevoer. Dieselfde spanne wat verantwoordelik was vir Liefling en Ester is ook verantwoordelik vir dié produksie.