Die top-30 lys van verkopers is saamgestel uit die weeklikse top-20 wat op RSG uitgesaai word. Dié lys van RSG word op sy beurt saamgestel volgens die amptelike CD-verkope in winkels landwyd.

Ander SA sangers in die top-30 is:

The Parlotones met "Live Design" (nr. 3)
Romanz met "Ek sal getuig" (nr. 4) en hul album ’n Dekade van Afrikaanse treffers (nr. 5)
Steve Hofmeyr met "Duisend en een" (nr. 6)
Bobby van Jaarsveld met "Net vir jou" (nr. 16)
Locnville met "Sun in My Pocket" (nr. 19)

Juanita was ekstaties oor die nuus en het aan channel24 gesê: “Dis wat ek ’n wow-oomblik in my lewe noem! Ek is dankbaar teenoor al my aanhangers en my Skepper.”

Internasionale topverkopers op die lys is Eminem (nr. 13), Susan Boyle (nr. 18), Lady Gaga (nr. 25) en Enrique Iglesias (nr. 30).