Die Britse akteur Jude Law is opgewonde oor die koms van sy vyfde kind - ’n dogter. Hello! berig dat die geslag van Jude se vyfde kind bekend geraak het tydens sy voormalige vriendin Catherine Harding (23) se ooievaarstee. Die tema van haar belly party was pienk en sy het ’n geskenk gekry wat sê It's a girl!

Jude het onlangs aan New York Post se Page Six vertel dat sy kinders - Rafferty (18), Iris (14) en Rudy (12) uit sy verhouding met die aktrise Sadie Frost, en die 5-jarige Sophia uit sy verhouding met model Samantha Burke - vir hom alles beteken. Hy is ook stiefpa vir Sadie se seun Finlay (24).

"Ek is ’n gelukkige man deesdae. Vier kinders en nóg een op pad ..." vertel die 42-jarige akteur.

[caption id="attachment_164314" align="aligncenter" width="637"]Cat Cavelli FOTO: Twitter  @CatCavelli  Die ma van Jude se vyfde kind, Catherine Harding

FOTO: Twitter @CatCavelli [/caption]

Jude het ’n goeie verhouding met al sy ekse en sien gereeld sy kinders. Hy het immers in 2009 aan Parade Magazine gesê dat vaderskap vir hom baie beteken.

"Om ’n pa te wees, dit is wat vir my tel... In die verlede sou ek tot die middag toe slaap. Maar dit is glad nie so sleg om 7-uur in die oggend op te staan om vir jou kinders ontbyt te maak nie."

FOTO: ’n Ou foto van Sadie, Jude en hul eersteling, Rafferty

Loading

  @blousyfrost found this picture jude, myself and @rafflaw9 #happysundays!   View on Instagram

Om nog te lees oor Jude Law se seun Rafferty, wat soos sy bekende pa ’n akteur is, klik HIER.

Bron: Hello!, Page Six, Parade Magazine